Romans 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die ernstige verwagting van die skepsel wag op die verskyning van die kinders van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die skepping smag na daardie dag wanneer God sy kinders openlik bekend sal stel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. |
| Afrikaans 1983 | Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met vurige verlange wag die skepping daarop dat die kinders van God openlik bekend gemaak sal word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want God het alles gemaak, en alles wag en hoop dat die dag sal kom wanneer God vir almal sal wys wie sy kinders is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van God se skepping sien ook baie uit na daardie groot dag wanneer Hy voor almal sal sê dat ons sy kinders is. |