Romans 8:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek reken dat die lyding van hierdie huidige tyd nie waardig is om te vergelyk met die heerlikheid wat in ons geopenbaar sal word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is oortuig dat die lyding van die huidige tyd nie vergelyk kan word met die heerlikheid wat bestem is om aan ons geopenbaar te word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons kry nou baie swaar, maar ek weet God sal eendag vir ons iets gee wat baie beter is. Hy sal vir ons iets gee wat baie wonderlik is, en ons sal dit sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is van een saak oortuig: al ons swaarkry weeg glad nie op teen die wonderlike lewe wat op ons wag in God se nuwe wêreld nie. |