Romans 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek het een keer sonder die wet gelewe, maar toe die gebod gekom het, het die sonde herleef en ek het gesterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het destyds heel goed gevoel toe ek nog nie verstaan het wat die wet van my verwag nie. Maar toe die betekenis van die gebod tot my deurdring, het die sonde vir my ’n lewende werklikheid geword,
Afrikaans 1933/1953 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
Afrikaans 1983 Voorheen, toe die wet nie daar was nie, het ek gelewe, maar toe die gebod gekom het, het die sonde begin lewe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Destyds, sonder die wet, was ék lewendig; maar toe die gebod gekom het, het die sonde lewe gekry,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voorheen, toe ek nie God se wette geken het nie, het ek gelewe, maar toe ek die wette leer ken het, het die sonde in my begin lewe,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Voordat daar ’n wet was, het ek nie mooi geweet wat reg en wat verkeerd is nie.