Romans 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die sonde het deur die gebod aanleiding gegee en in my allerhande begeerlikheid bewerk. Want sonder die wet was die sonde dood.
Afrikaans (NLV) 2011 Sonde is deur hierdie gebod gestimuleer en het allerlei sondige begeertes in my aan die gang gesit. Sonder die wet sou die sonde nie daardie vermoë gehad het nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
Afrikaans 1983 Maar deur hierdie gebod het die sonde 'n vastrapplek gekry en elke soort begeerte in my aan die gang gesit, want sonder die wet is die sonde dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat die sonde deur die gebod 'n vastrapplek gekry het, het dit allerlei begeertes in my gewek, want sonder die wet is die sonde dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die sonde gebruik daardie wet en maak my dan baie lus om ander mense se goed te hê. As daar nie wette was nie, dan kon die sonde my nie lus maak om slegte dinge te doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tog help hierdie kennis nie veel nie, want die wet maak dat die sonde ’n vastrapplek in my lewe kry. In plaas daarvan dat die wet my keer om te sondig, maak dit my net bewus van my slegte begeertes - en laat my ook alles begeer wat deur die wet verbied word. As die wet nie daar was nie, sou sonde glad nie ’n probleem gewees het nie.