Romans 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die vrou wat 'n man het, is deur die wet aan haar man gebonde solank hy lewe; maar as die man dood is, is sy verlos van die wet van haar man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Byvoorbeeld: As ’n vrou met ’n man trou, bind die wet haar aan haar eggenoot vir so lank as wat hy lewe. Maar as hy te sterwe kom, is die huwelikswet nie meer op haar van toepassing nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. |
| Afrikaans 1983 | Die getroude vrou, byvoorbeeld, is deur die wet aan haar man gebind so lank as hy lewe. As haar man te sterwe kom, is sy onthef van die wet wat haar aan haar man gebind het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Volgens die wet is die getroude vrou tog aan haar man verbonde terwyl hy nog leef; maar as die man sterf, is sy onthef van die wet ten opsigte van haar man. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wette sê dat 'n vrou wat getroud is, net haar eie man se vrou is terwyl hy lewe. Maar wanneer haar man gesterf het, dan is sy vry, dit sê die wette. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Getroude vrou is wettig aan haar man verbind solank hy leef. Maar as haar man dood is, is sy vry om weer te trou. |