Romans 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wet is dus goed. Dit het ’n diep geestelike karakter. Die probleem lê nie by die wet nie, maar by myself omdat ek aan my sondige natuur gebind is. Ek is ’n slaaf wat aan die sonde verkoop is.
Afrikaans 1933/1953 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.
Afrikaans 1983 Ons weet tog die wet is geestelik, maar ek is aards en soos 'n slaaf aan die sonde verkoop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons weet wel dat die wet geestelik is, maar ek, in my sondige aard, is uitverkoop aan die sonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons weet dat die Heilige Gees die wette gegee het, maar ek is 'n mens, ek doen slegte dinge, ek is 'n slaaf van die sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wet kom van God af. Maar ek wat dit moet probeer gehoorsaam, is ’n sondaar. Ek is soos ’n slaaf aan die verskriklike mag van die sonde uitverkoop.