Romans 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want sonde het deur die gebod aanleiding gegee, my bedrieg en my daardeur gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die sonde wat deur die gebod aangewakker is, het my verlei en so my doodsvonnis meegebring.
Afrikaans 1933/1953 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.
Afrikaans 1983 Die sonde wat deur die gebod 'n vastrapplek gekry het, het my deur die gebod mislei en my doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die sonde wat deur die gebod 'n vastrapplek gekry het, het my mislei en my deur die gebod doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die sonde het God se wette gebruik en dit het my iets laat glo wat nie waar is nie. Ja, die sonde het die wette gebruik om my dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Inteendeel, dit het my net nog dieper in die doderyk ingesleep, want die sonde het sy aaklige kloue ook in die wet ingeslaan. Daarom kon die wet nie keer dat ek sonde doen nie. Dit het my eintlik ’n rat voor die oë gedraai. Want kort voor lank was ek in die doderyk, met die wet en al.