Romans 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weet julle nie, broeders, (want ek spreek met die wat die wet ken), dat die wet oor 'n mens heers so lank as hy lewe nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En nou, broers en susters — ek praat immers met mense wat die wet ken — julle weet tog dat die wet net van toepassing is op mense solank hulle lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? |
| Afrikaans 1983 | Julle weet, broers — en ek praat met mense wat op hoogte is van die wet van Moses — dat die wet gesag het oor 'n mens so lank as hy lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Of weet julle dan nie, broers – ek praat immers met mense wat die wet ken – dat die wet seggenskap het oor die mens vir so lank as wat hy leef nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, ek weet julle ken God se wette. Julle weet dat die wette oor 'n mens regeer terwyl hy lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle weet mos hoe die wet werk. Dit geld net solank jy leef, of hoe? Kom ek verduidelik dit met die beeld van ’n huwelik. |