Romans 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hy weet dat Christus, wat uit die dode opgewek is, nie meer sterf nie; die dood heers nie meer oor hom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons weet dit omdat Christus uit die dood opgewek is en nooit weer sal sterf nie. Die dood het geen mag meer oor Hom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie – die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, God het vir Christus weer laat lewe, en ons weet dat Christus nooit weer sal sterf nie, want die dood is nie sterker as Hy nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons glo dit omdat ons weet dat Jesus, nadat Hy uit die dood opgestaan het, nooit weer sal doodgaan nie. Die dood het nie meer ’n houvas op Hom nie. |