Romans 6:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar noudat julle vrygemaak is van sonde en dienaars van God geword het, het julle jul vrug tot heiligheid en uiteindelik die ewige lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar noudat julle vrygemaak is van die sonde en volledig in God se diens staan, is die resultaat daarvan ’n lewe van toewyding aan God en die eindresultaat — die ewige lewe! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou — julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou het God julle vrygemaak van die sonde, en julle is God se slawe. Julle dien nou vir God en julle sal iets kry wat goed is: God sal julle heeltemal aan Hom wy en Hy sal vir julle die ewige lewe gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gelukkig het God julle hier kom uithaal. Julle is nou voltyds in sy diens. Hy verander julle lewens nou al hoe meer tot sy eer. Boonop wag daar ’n wonderlike toekoms op julle. Die dood is nie meer julle voorland nie. Nee, julle gaan vir altyd in God se splinternuwe wêreld bly. |