Romans 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Watter vrug het julle toe gehad in die dinge waaroor julle julle nou skaam? want die einde van daardie dinge is die dood.
Afrikaans (NLV) 2011 En wat was die resultaat? Julle skaam julle nou daaroor, want wat julle destyds gedoen het, eindig in die ewige dood.
Afrikaans 1933/1953 Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
Afrikaans 1983 Wat was die vrug wat dié dinge waaroor julle nou skaam kry, tóé vir julle opgelewer het? Die uiteinde van dié dinge is die dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Watter vrug het julle destyds verkry? Oor daardie dinge skaam julle julle nou, want die uiteinde daarvan is die dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar dit was nie goed vir julle nie. Julle het dinge gedoen waaroor julle nou skaam is. As julle aangehou het om daardie dinge te doen, dan sou God julle vir altyd laat sterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink ’n bietjie: Was dit die moeite werd om so in die sonde rond te lê? Wat het dit julle in die sak gebring? Net mooi niks nie! Kry julle nie skaam as julle terugdink aan wat julle alles aangevang het nie? Om in sonde te leef is niks anders as ’n doodloopstraat nie.