Romans 6:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat dan? sal ons sondig, omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Die Here behoed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aangesien God se genade ons vrygemaak het van die wet, beteken dit dat ons nou maar kan voortgaan met sonde doen? Hoegenaamd nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! |
| Afrikaans 1983 | Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat dan? Sal ons sonde doen omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Hoegenaamd nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die wette regeer nie oor ons nie, die genade van God regeer oor ons. Kan ons nou sê ons mag aanhou sonde doen? Nee, nooit nie! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Beteken dit nou dat ons maar kan sondig omdat ons nie meer die wet hoef te gehoorsaam nie? Kan ons leef soos ons wil omdat God ons uit genade red? Nee, natuurlik nie. |