Romans 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want deurdat hy gesterf het, het hy een maal vir die sonde gesterf; maar deurdat hy lewe, leef hy tot eer van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het eens en vir altyd vir die sonde gesterf en nou leef Hy vir God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy ter wille van die sonde eens en vir altyd gesterf, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het een maal gesterf, Hy kan nie weer sterf nie. Die sonde kan Hom nie oorwin nie, nooit nie. Hy lewe en Hy lewe nou vir God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Hy doodgegaan het, het Hy vir altyd ’n einde aan die mag van die sonde gemaak. Nou leef Hy as oorwinnaar daar by God. |