Romans 5:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want toe ons nog kragteloos was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ons nog magteloos was, het Christus immers op die regte tyd vir goddeloses gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Christus het gesterf toe ons nog swak was. Ja, Hy het op die regte tyd gesterf om die sondaars te red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Christus het op presies die regte tydstip vir ons gesterf. Hy het sy lewe vir ons opgeoffer toe ons nog in die sonde rondgelê het. Dit is totaal ondenkbaar dat Christus bereid was om so iets vir ons te doen. |