Romans 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in verdrukkinge, omdat ons weet dat verdrukking lydsaamheid bewerk;
Afrikaans (NLV) 2011 Dis egter nie al nie — ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard.
Afrikaans 1933/1953 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
Afrikaans 1983 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar dis nie al nie: Ons beroem ons ook op ons verdrukking, omdat ons weet verdrukking bewerkstellig volharding,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons is ook trots wanneer ons swaarkry, want ons weet dat wanneer ons swaarkry, dan leer ons om geduldig te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou.