Romans 5:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het die wet ingekom, sodat die oortreding meer kon word. Maar waar die sonde oorvloedig was, het genade baie meer oorvloedig geword:
Afrikaans (NLV) 2011 God se wet is gegee sodat alle mense kon sien hoe groot en baie hulle oortredings is. Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.
Afrikaans 1933/1953 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;
Afrikaans 1983 Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die wet het daarby gekom, met die gevolg dat die oortreding toegeneem het; maar namate die sonde toegeneem het, het die genade nog soveel oorvloediger geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wette het gekom sodat die sondes meer kan word. Maar toe die sondes meer geword het, het God se genade ook baie meer geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wet van Moses het natuurlik ook intussen op die toneel verskyn. Mense kan daarom nie langer loskom met die verskoning dat hulle nie geweet het wat reg en wat verkeerd is nie. Die wet ontmasker nou al hulle sondes omdat dit name daaraan gee. Maar gelukkig het God se genade ook nog baie meer geword.