Romans 5:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens tot sondaars gestel is, so sal baie deur die gehoorsaamheid van een regverdig gemaak word.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat een persoon aan God ongehoorsaam was, het baie mense sondaars geword. Net so sal baie deur die gehoorsaamheid van hierdie één, ánder Mens tot regverdiges verklaar word.
Afrikaans 1933/1953 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die ,n baie tot regverdiges gestel word.
Afrikaans 1983 Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want soos deur die ongehoorsaamheid van een mens baie mense tot sondaars gemaak is, so ook sal deur die gehoorsaamheid van die Een baie mense geregverdig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een mens, Adam, was ongehoorsaam, en toe het baie mense sondaars geword. Maar dit was ook Een Mens, Christus, wat gehoorsaam was, en daarom sal God baie mense vryspreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Anders gesê: een man se ongehoorsaamheid aan God het ons status in ’n oogwink tot dié van sondaars verlaag. Maar ’n ander Man se gehoorsaamheid aan God verander ons status in ’n oogwink tot dié van vrygespreektes.