Romans 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, soos deur die oortreding van een oordeel oor alle mense tot veroordeling gekom het; net so het deur die geregtigheid van een die vrye gawe oor alle mense gekom tot regverdigmaking van die lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, Adam se een oortreding het God se veroordeling oor almal gebring, maar net so het Christus se een daad van gehoorsaamheid vryspraak en lewe vir almal gebring.
Afrikaans 1933/1953 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
Afrikaans 1983 Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom dan, soos daar deur die oortreding van een mens veroordeling oor alle mense gekom het, so het daar ook deur die een mens se gehoorsame optrede vir alle mense regverdiging tot die lewe gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een mens, Adam, het sonde gedoen, en daarom moes God al die mense straf. Maar dit was ook Een Mens, Christus, wat gedoen het wat God wil hê, en daarom spreek God al die mense vry en laat Hy hulle lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een man se sonde het gemaak dat almal skuldig staan voor God se regbank. Maar een daad van gehoorsaamheid van ’n ander Man het gemaak dat almal nou onskuldig by God se hofsaal kan uitstap. Sy gehoorsaamheid bring ware lewe vir ons almal.