Romans 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kom hierdie saligheid dan oor die besnedenes, of ook oor die onbesnedenes? want ons sê dat die geloof aan Abraham tot geregtigheid gereken is.
Afrikaans (NLV) 2011 Geld hierdie uitspraak net vir die Jode, of sluit dit ook die nie-Jode in? Wel, wat dan van Abraham? Ons het tog gesê dat hy deur God vrygespreek is deurdat hy glo.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
Afrikaans 1983 Het hierdie uitspraak oor wie geseënd is, net betrekking op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Ons sê weer: “Deurdat Abraham geglo het, het God hom vrygespreek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is hierdie seën dan net vir die besnedenes, of ook vir die onbesnedenes? Ons sê tog: “Abraham se geloof is vir hom as regverdiging gereken.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wie is die mense wat gelukkig is? Die mense wat besny is, is gelukkig, maar die mense wat nie besny is nie, is ook gelukkig. Want ek het voorheen gesê dat God vir Abraham vrygespreek het omdat hy geglo het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink jy dat hierdie uitspraak net geld vir mense wat besny is, of ook vir mense wat nie besny is nie? Wel, onthou jy dat ons hier bo gesê het dat Abraham vrygespreek is omdat hy geglo het?