Romans 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos Dawid ook die saligheid beskryf van die mens aan wie God geregtigheid toereken sonder werke,
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Dawid het hiervan gepraat toe hy beskryf het hoe gelukkig die mens is wat sonder enige wetsprestasies tog deur God vrygespreek word:
Afrikaans 1933/1953 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:
Afrikaans 1983 So sê ook Dawid dat dié mens geseënd is wat deur God vrygespreek word buite wetsonderhouding om:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So noem ook Dawid die mens geseënd vir wie God regverdiging toereken, sonder werke:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid sê ook dat party mense gelukkig is omdat God hulle vryspreek, nie omdat hulle die regte dinge doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid sê so. Volgens hom is elkeen wat deur God vrygespreek is sonder dat hulle die wet tot op die letter gehoorsaam, sommer baie bevoorreg.