Romans 4:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God gestruikel nie; maar was sterk in die geloof en het aan God eer gegee; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee |
| Afrikaans 1983 | Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met die belofte van God in gedagte, het hy nie in ongeloof verval en begin twyfel nie; trouens, hy het sterker geword in die geloof, en het die eer aan God gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het nie opgehou glo nie. Hy het aangehou glo dat God vir hom sal gee wat Hy belowe het. Sy geloof het sterker geword. Abraham het vir God geprys |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abraham se geloof was die kragbron van sy lewe. Hy het God se hand styf vasgehou en aangehou om Hom te eer. |