Romans 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy daarvan om te roem; maar nie voor God nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Was dit op grond van sy goeie werke dat God hom vrygespreek het? As dit inderdaad so was, sou hy dalk goeie rede gehad het om te spog. Maar vanuit God se oogpunt het hy absoluut niks gehad om oor te spog nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. |
| Afrikaans 1983 | As Abraham op grond van sy dade vrygespreek is, dan het hy 'n rede gehad om te roem. Maar nie by God nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As Abraham inderdaad op grond van sy dade regverdig verklaar is, het hy rede om hom daarop te beroem. Maar nie voor God nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die dinge tussen Abraham en God reg was omdat Abraham die regte dinge gedoen het, dan kon Abraham trots wees op homself wanneer hy by mense is, maar nie wanneer hy voor God staan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy deur God vrygespreek is omdat hy so verskriklik gehoorsaam was, het hy mos ’n rede gehad om homself op die skouer te klop. Maar God het hom nie oor sy gehoorsaamheid vrygespreek van sy sondes nie. |