Romans 4:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En omdat hy nie swak was in die geloof nie, het hy nie geag dat sy eie liggaam nou dood was toe hy omtrent honderd jaar oud was nie, en ook nie die dood van Sara se skoot nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En Abraham se geloof het nie verswak nie, al het hy baie goed besef dat sy eie liggaamlike vermoëns alreeds gedaan was — hy was al omtrent 100 jaar oud — en dat sy vrou Sara nie meer kinders kon hê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. |
| Afrikaans 1983 | Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy geloof het nie verswak nie, al het hy besef dat sy eie liggaam reeds so te sê dood was – hy was reeds ongeveer 100 jaar oud – en dat Sara se moederskoot ook reeds dood was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abraham was omtrent 100 jaar oud en hy het geweet hy is naby die dood. Hy het ook geweet Sara kan nie kinders kry nie. Maar sy geloof het sterk gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later, toe Abraham al by die 100 jaar oud was, het hy hom glad nie blind gestaar op die feit dat hy nie meer in staat was om kinders te verwek nie. En al was sy vrou Sara al te oud om ’n kind te hê, het hy nie moed opgegee nie. |