Romans 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as die wat uit die wet is, erfgename is, word die geloof tot niet gemaak en die belofte tot niet; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy dus beweer dat mense die wêreld as erfdeel sou kon verkry op grond van wetsgehoorsaamheid, het die geloof betekenisloos geword en het die belofte sy krag verloor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak. |
| Afrikaans 1983 | As mense deur wetsonderhouding deelgenote van die belofte sou kon word, sou die geloof sy betekenis verloor het en die belofte sy krag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Immers, as mense op grond van die wet erfgename is, het die geloof betekenisloos geword en die belofte sy krag verloor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As mense moet doen wat die wette sê sodat hulle kan kry wat God vir hulle belowe het, dan help dit nie dat hulle glo nie. Dit help ook nie dat God vir hulle iets belowe het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit help mos nie om te glo as mense in elk geval deur hulle gehoorsaamheid aan die wet gered kan word nie. Dan is God se belofte dat Hy elkeen vryspreek wat in Hom glo, net lippetaal. |