Romans 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die belofte dat hy die erfgenaam van die wêreld sou wees, het nie aan Abraham of sy nageslag deur die wet gekom nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is dus duidelik dat God se belofte om die hele wêreld aan Abraham en sy nasate te gee nie berus het op wetsgehoorsaamheid nie, maar op die nuwe verhouding wat tot stand kom deur die vryspraak deurdat iemand glo.
Afrikaans 1933/1953 Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
Afrikaans 1983 Dit is trouens nie omdat Abraham die wet van Moses onderhou het dat aan hom en sy nageslag die belofte gegee is dat hy die wêreld as besitting sal ontvang nie, maar omdat hy vrygespreek is deurdat hy geglo het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die belofte dat hy die wêreld as erfdeel sou ontvang, het nie deur die wet na Abraham of sy nageslag gekom nie, maar deur die •geregtigheid van die geloof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het vir Abraham en sy nageslag belowe dat die wêreld aan hulle sal behoort. God het dit nie belowe omdat Abraham gedóén het wat God se wette sê nie, God het dit belowe omdat Abraham gegló het en omdat God hom toe vrygespreek het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie beroemde belofte wat God aan Abraham gemaak het dat sy nageslag die hele wêreld sal bewoon, het hy nie ontvang omdat hy al God se voorskrifte stiptelik nagekom het nie, maar omdat hy geglo het. Dit is hoekom hy in die regte verhouding met God was.