Romans 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar wat ook wandel in die voetspore van die geloof van ons vader Abraham, wat hy nog onbesnede gehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En hy het ook die geestelike voorvader geword van hulle wat besny is, maar net as hulle dieselfde soort geloof het as wat ons vader Abraham gehad het voordat hy besny is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was. |
| Afrikaans 1983 | Ons voorvader Abraham sou ook die vader wees van dié besnedenes wat nie net besny is nie, maar ook glo, soos hy geglo het toe hy nog onbesnede was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het hy ook die vader geword van hulle wat nie bloot besnede is nie, maar wat boonop in die voetspore volg van ons vader Abraham, wat geglo het toe hy nog onbesnede was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Abraham is ook die voorvader van al die mense wat besny is en wat ook glo soos Abraham geglo het voordat hy besny is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het Abraham die geestelike pa geword van almal wat glo sonder dat hulle die teken van die besnydenis aan hulle liggame dra. Hy is die bewys dat God mense vryspreek op grond van hulle geloof. Natuurlik is Abraham ook die geestelike vader van almal wat besny is; dit wil sê, daardie mense wat nie op hierdie uiterlike teken aan hulle liggame staatmaak om hulle te verlos nie, maar wat, net soos Abraham, al hulle vertroue in God stel. |