Romans 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die teken van die besnydenis ontvang, 'n seël van die geregtigheid van die geloof wat hy nog nie besny het nie, sodat hy die vader kan wees van almal wat glo, al is hulle nie besny nie; sodat geregtigheid hulle ook toegereken kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seremonie van die besnydenis was ’n teken, ja, ’n plegtige bekragtiging daarvan dat Abraham alreeds geglo het en deur God vrygespreek is — selfs nog voor sy besnydenis. So het Abraham die geestelike voorvader geword van almal wat glo sonder dat hulle die besnydenis ontvang het en só deur God vrygespreek is.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;
Afrikaans 1983 Hy het die besnydenis as 'n teken ontvang. Dit is 'n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het deurdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was. Die doel daarmee was dat hy die vader sou wees van almal wat glo al is hulle nie besny nie. Hulle word dus ook deur God vrygespreek deurdat hulle glo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die teken van die besnydenis as 'n seël ontvang – 'n seël van die geregtigheid van die geloof wat hy gehad het terwyl hy onbesnede was. So het hy die vader geword van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat dit ook vir hulle as regverdiging toegereken kon word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abraham het geglo voordat hy besny is. Hy is later besny, en toe was sy besnydenis 'n teken dat God hom vrygespreek het omdat hy glo. Daarom is Abraham die voorvader van al die mense wat nie besny is nie, maar wat glo. God spreek hulle almal vry omdat hulle glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eers nadat Abraham begin glo het, het God aan hom die teken van die besnydenis gegee. Die besnydenis was die amptelike bewys van God se kant dat Abraham vrygespreek is deur sy geloof.