Romans 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe is dit dan bereken? toe hy in die besnydenis of in die onbesnedenheid was? Nie in die besnydenis nie, maar in die onbesnedenheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Het hierdie vryspraak plaasgevind nadat hy reeds besny was of terwyl hy nog onbesnede was? Die antwoord is dat God hom reeds tevore, toe hy nog onbesnede was, vrygespreek het en dat hy eers daarna besny is!
Afrikaans 1933/1953 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
Afrikaans 1983 Wanneer het dit gebeur? Toe hy reeds besny was of toe hy nog onbesnede was? Dit was nie toe hy besnede was nie, maar toe hy nog onbesnede was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer is dit vir hom toegereken? Toe hy reeds besnede was, of toe hy nog onbesnede was? Nie toe hy besnede was nie, maar toe hy onbesnede was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer het God vir Abraham vrygespreek? Toe Abraham besny was of vóórdat hy besny was? God het vir Abraham vrygespreek voordat Abraham besny is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer het dit met hom gebeur? Toe hy klaar besny was, of voor die tyd? Ja, natuurlik, nog voordat hy besny is.