Romans 3:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? God verbied: ja, ons stel die wet vas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ons die geloof beklemtoon, beteken dit dan dat ons die wet ter syde stel? Natuurlik nie! In werklikheid laat ons die wet juis tot sy reg kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet. |
| Afrikaans 1983 | Hef ons dan deur die geloof die wet op? Beslis nie. Ons laat die wet juis tot sy reg kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maak ons dan deur die geloof die wet ongeldig? Hoegenaamd nie! Trouens, ons bevestig die wet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons sê mense moet glo in Christus. Daarom sê party mense ons sê God se wette beteken niks. Dit is nie waar nie! Nooit nie! God se wette is vir ons belangrik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al gaan dit nou nie meer oor wat ons vir God moet doen nie, maar oor wat Hy vir ons doen, beteken dit nie dat die wet van Moses sy betekenis verloor het nie. Inteendeel, ons geloof gee juis aan die wet sy regte plek. Nou kan almal wat glo, die wet gehoorsaam. |