Romans 3:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waar is dan grootpratery? Dit is uitgesluit. Volgens watter wet? van werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.
Afrikaans (NLV) 2011 Kan ons ons dus daarop beroem dat ons enigiets gedoen het om die vryspraak te verdien? Dis heeltemal buite die kwessie, want ons vryspraak berus nie op ons goeie dade nie, maar op ons geloof.
Afrikaans 1933/1953 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.
Afrikaans 1983 Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is daar dan nog sprake van roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Die wet van die werke? Nee, deur die wet van die geloof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense mag nie trots wees op hulleself en spog omdat hulle doen wat die wette sê nie, want God spreek hulle nie daaroor vry nie. Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie kan dit nou nog waag om te spog oor hulle gehoorsaamheid aan die wet? Dit help in elk geval nie. Al wat nou saak maak, is geloof. Dit gaan glad nie meer oor wat óns alles vir God doen nie, maar wat Hý vir ons doen.