Romans 3:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs die geregtigheid van God wat deur die geloof in Jesus Christus is vir almal en oor almal wat glo; want daar is geen verskil nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. |
| Afrikaans 1933/1953 | die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; |
| Afrikaans 1983 | maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie geregtigheid gee God deur die geloof in Jesus •Christus aan almal wat glo. Want daar is geen onderskeid nie: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God spreek mense vry omdat hulle in Jesus Christus glo. Ja, God spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat in Jesus Christus glo, word nou deur God van hulle sondes vrygespreek. Dit geld vir elkeen wat glo. |