Romans 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nou word die geregtigheid van God sonder die wet geopenbaar, terwyl die wet en die profete daarvan getuig;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nou het God vir ons ’n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry — nie deur wetsgehoorsaming nie, maar langs die weg waarvan die Skrif al lankal getuig:
Afrikaans 1933/1953 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,
Afrikaans 1983 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou word die geregtigheid van God, waarvan die Wet en die Profete getuig, sonder die wet bekend gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nou het God vir ons kom wys dat Hy mense vryspreek, maar nie omdat hulle doen wat die wette sê nie. Ons lees daarvan in die Wette van Moses en in die boeke van die profete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het nou baie goeie nuus vir julle: dit waarvan die Bybel praat, naamlik dat God mense sal vryspreek van hulle sondes, selfs al doen hulle nie stiptelik alles wat die wet van God sê nie, het uiteindelik waar geword.