Romans 16:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Groet Andronicus en Junia, my bloedverwante en my medegevangenes, wat opmerklik is onder die apostels, wat ook voor my in Christus was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Groete ook vir Andronikus en Junia, my mede-Jode, wat saam met my in die tronk was. Hulle is hoogaangeskrewe by die apostels, en was reeds voor my Christene. |
| Afrikaans 1933/1953 | Groet Andron¡cus en Junias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het. |
| Afrikaans 1983 | Gee my groete ook aan Andronikus en Junias, my volksgenote wat saam met my in die gevangenis was; hulle is hoog aangeskrewe by die apostels en het voor my al Christene geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Groet Andronikus en Junia, my volksgenote en medegevangenes. Hulle is hoog aangeskrewe by die •apostels en wat reeds voor my in Christus was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek stuur groete vir Andronikus en Junias. Hulle is ook Jode soos ek en hulle was saam met my in die tronk. Hulle is belangrike apostels en hulle het in Christus geglo voordat ek in Hom geglo het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê ook vir daardie twee volksgenote van my, Andronikus en Junias, dat ek aan hulle dink. Hulle was vroeër saam met my in die tronk. Die apostels in Jerusalem dink baie van hulle. Hulle is twee gesoute gelowiges wat selfs nog voor my Christene geword het. |