Romans 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Groet ook die gemeente wat in hulle huis is. Groet my geliefde Epaenetus, wat die eersteling van Achaje vir Christus is.
Afrikaans (NLV) 2011 Groete ook aan die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom. Groete vir my geliefde vriend Epenetus. Hy was die heel eerste persoon in die Romeinse provinsie Asië wat tot die Christelike geloof gekom het.
Afrikaans 1933/1953 Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Ep,netus, my geliefde, wat die eersteling van Ach je is vir Christus.
Afrikaans 1983 Groete ook aan die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom. My groete verder ook aan my liewe vriend Epenetus, die eerste bekeerling vir Christus in die provinsie Asië,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet my geliefde Epenetus – hy is die eersteling in Christus uit die provinsie Asië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur ook groete vir die gemeente wat bymekaarkom in die huis van Priska en Akwila. Ek stuur groete vir my goeie vriend Epenetus. Hy was die eerste persoon in Asië wat in Christus begin glo het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) O ja, sê asseblief ook groete aan die gelowiges wat daar in hulle huis in Rome bymekaarkom. Dra my groete oor aan my liewe vriend Epenetus. Weet julle, hy is die heel eerste persoon in die provinsie Asië wat ’n Christen geword het.