Romans 16:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nou is geopenbaar en deur die Skrifte van die profete, volgens die gebod van die ewige God, aan al die nasies bekend gemaak tot gehoorsaamheid van die geloof;
Afrikaans (NLV) 2011 maar is nou onthul. Soos deur die profete voorspel en in opdrag van die ewige God, is dit aan alle volke bekendgemaak sodat hulle kan glo en die Goeie Nuus kan gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof
Afrikaans 1983 maar nou is dit geopenbaar. Aan die hand van die geskrifte van die profete en in opdrag van die ewige God is dit aan alle nasies bekend gemaak sodat hulle in God kan glo en aan Hom gehoorsaam kan wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar wat nou in opdrag van die Ewige God deur die geskrifte van die profete onthul en aan alle nasies bekend gemaak is, om hulle tot geloofsgehoorsaamheid te bring –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar nou het God vir almal die boodskap oor Christus laat verstaan. Hulle lees dit in die boeke van die profete. God, wat altyd lewe, het gesê al die heidene moet ook die boodskap hoor sodat hulle in Christus kan glo en gehoorsaam kan wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek maak dit oral bekend, ook aan julle. Baie eeue lank het mense nie geweet wat God se verlossingsplan is nie, maar nou het Hy dit openlik kom bekendmaak. God het beveel dat dit wat in die profete opgeskryf staan, nou verkondig moet word aan mense wat nie aan die volk van Israel behoort nie. Hy wil hê dat hulle ook in Hom moet glo en doen wat Hy sê.