Romans 16:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gajus, my leër en van die hele gemeente, groet julle. Erastus, die kamerheer van die stad, groet julle, en Quartus 'n broer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaius sê ook vir julle groete. Hy is my gasheer en hy stel ook sy huis vir die hele gemeente beskikbaar. Erastus, die stadstesourier, stuur vir julle sy groete; ook ons broer Kwartus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Er stus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle. |
| Afrikaans 1983 | Gaius, my gasheer en ook gasheer van die hele gemeente hier, stuur ook groete. En dan ook nog groete van Erastus die stadstesourier, en van broer Kwartus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gaius, my en die hele gemeente se gasheer, groet julle. Erastus, die stadstesourier, groet julle, ook die broer Kwartus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bly by Gaius. Hy stuur groete vir julle. Die hele gemeente wat in sy huis bymekaarkom, stuur ook groete vir julle. Erastus werk met die stad se geld. Hy en ons vriend Kwartus stuur groete vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaius, by wie ek tans bly, en die hele gemeente in Korinte laat weet ook dat hulle aan julle dink. So ook Erastus, die stadsklerk van Korinte, en Kwartus, ’n toegewyde broer in die Here. |