Romans 16:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat julle haar in die Here ontvang soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in alles wat sy van julle nodig het, want sy was 'n hulp van baie en ook van myself. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ontvang haar by julle op ’n manier wat by Christene pas. Wees vir haar beskikbaar en help haar in alles wat sy dalk nodig kry. Sy is ’n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het — ook vir my. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my. |
| Afrikaans 1983 | Ontvang haar soos dit mense wat in die Here glo, betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle hulp nodig kry, want sy was vir baie, en ook vir my, tot steun. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ontvang haar in die Here, soos dit die •heiliges betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle nodig mag kry. Sy was 'n ware weldoener vir baie mense, en ook vir my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy behoort aan die Here en daarom moet julle haar welkom laat voel soos julle almal welkom laat voel wat aan die Here behoort. Julle moet ook vir haar help en vir haar alles gee wat sy nodig het, want sy het vir baie ander mense gehelp. Sy het ook vir my gehelp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ontvang haar asseblief vriendelik in die Naam van die Here. Maak julle harte en julle huise vir haar oop, soos dit mos by gelowiges pas. Febe het in die verlede al aan baie mense goed gedoen. Sy was selfs ook my weldoener. Daarom vra ek dat julle haar tog asseblief op die hande moet dra. |