Romans 16:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want julle gehoorsaamheid het na alle mense gekom. Ek is dan bly oor julle, maar tog wil ek hê dat julle wys is oor wat goed is en eenvoudig in die kwaad.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal weet egter van julle gehoorsaamheid aan die Goeie Nuus. Ek verheug my oor julle en ek wil graag hê dat julle duidelik sal besef wat goed is en dat julle nie slim sal wees wat die verkeerde betref nie.
Afrikaans 1933/1953 Want julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.
Afrikaans 1983 Almal het gehoor van julle gehoorsaamheid aan die evangelie. Ek is baie bly oor julle, en ek sou graag wou sien dat julle alles weet van die goeie en niks wil weet van die slegte nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle gehoorsaamheid is aan almal bekend. Daarom is ek bly oor julle, en ek wil hê dat julle wys sal wees ten opsigte van die goeie, en onskuldig ten opsigte van die kwaad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal weet julle is gehoorsaam aan Christus, en ek is bly dat julle gehoorsaam is. Ek wil hê julle moet verstandig wees en julle moet weet wat goed is. En ek wil hê julle moet niks verkeerd doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen hierdie tyd weet almal al van julle geloof in Christus. Dit maak my hart sommer baie bly. Ek is regtig trots op julle. Hou so aan. Wees verstandig wanneer dit by goeie dade kom. Maar wees dom wanneer dit by sondes kom. Moenie vir die sonde ’n vastrapplek in julle lewens gee nie.