Romans 16:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want sulke mense dien nie onse Here Jesus Christus nie, maar hulle eie buik; en verlei die harte van die eenvoudiges deur goeie woorde en mooi woorde.
Afrikaans (NLV) 2011 Sulke mense dien nie vir Christus ons Here nie, maar hulle eie persoonlike belange. Deur hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle naïewe mense.
Afrikaans 1933/1953 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
Afrikaans 1983 Sulke mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie drifte en drange, en met al hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle die liggelowige mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hierdie soort mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie maag. Met strelende woorde en vleitaal mislei hulle die harte van naïewe mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle dien nie vir Christus die Here nie, hulle dink net aan dit wat hulle self wil hê. Hulle sê baie mooi dinge, en so verlei hulle die mense wat min weet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie mense maak net asof hulle Christene is, maar hulle stel glad nie daarin belang om ons Here Jesus te dien nie. Nee, hulle dien net hulle eie siek begeertes. Hulle gebruik mooi woorde en vleitaal om onskuldige gelowiges deurmekaar te maak.