Romans 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Groet Trifena en Trifosa, wat in die Here arbei. Groet die geliefde Persis, wat baie in die Here gearbei het.
Afrikaans (NLV) 2011 Groete aan Trifena en Trifosa, ywerige werkers vir die Here, en aan ons geliefde vriendin Persis wat so hard vir die Here gewerk het.
Afrikaans 1933/1953 Groet Trif,na en Trifosa, vroue wat in die Here arbei. Groet P,rsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.
Afrikaans 1983 Groete verder ook aan Trifena en Trifosa, ywerige werksters vir die Here, en aan my liewe Persis, wat al baie vir die Here gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Groet Trifena en Trifosa, harde werkers vir die Here. Groet ook my geliefde Persis, wat baie hard vir die Here gewerk het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur groete vir Trifena en Trifosa. Hulle werk hard vir die Here. Ek stuur groete vir my liewe Persis. Sy het baie hard gewerk vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê asseblief ook groete aan almal in Narsissus se huis wat in die Here glo, asook vir Trifena en Trifosa, twee vroue wat die Here met oorgawe dien. Groete ook aan my goeie vriendin Persis. Sy is ’n toegewyde kind van die Here.