Romans 15:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou sê ek dat Jesus Christus 'n bedienaar van die besnydenis was ter wille van die waarheid van God, om die beloftes wat aan die vaders gemaak is, te bevestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dink daaraan dat Christus vir die Jode ’n dienskneg geword het om te bewys dat God getrou bly aan die beloftes wat Hy aan hulle voorouers gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek sê dat Jesus Christus 'n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig; |
| Afrikaans 1983 | Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode 'n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sê vir julle dat Christus 'n Dienaar van die besnedenes geword het ter wille van die waarheid van God, sodat Hy die beloftes aan die vaders kon bevestig, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle: Christus het gekom om die Jode te dien sodat almal kon weet dat God doen wat Hy belowe het. God het goeie dinge belowe vir die voorvaders van die Jode, en Christus het kom wys dat God doen wat Hy vir hulle belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Christus het aarde toe gekom om die Jode te dien en om te wys dat God sy woord hou. So het Hy die beloftes wat God aan hulle voorouers gemaak het, waar laat word. |