Romans 15:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat julle met een verstand en een mond God, die Vader van onse Here Jesus Christus, kan verheerlik.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal julle almal in ’n wonderlike eenheid van gees en uit een mond die lof toebring aan God, die Vader van Jesus Christus ons Here.
Afrikaans 1933/1953 sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.
Afrikaans 1983 Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal julle almal dieselfde daaroor dink en saam vir God prys, Hy wat die Vader van ons Here Jesus Christus is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag julle almal saam soos ’n groot koor in ’n harmonie van stemme God se Naam grootmaak. Aan Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe.