Romans 15:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die God van lydsaamheid en vertroosting gee julle om eensgesind te wees onder mekaar volgens Christus Jesus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe — elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges. |
| Afrikaans 1933/1953 | En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, |
| Afrikaans 1983 | En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En mag die God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is God wat ons help om aan te hou glo en wat ons bemoedig. Ek bid dat Hy vir julle sal help om altyd gereed te wees om saam te werk met mekaar, dit is soos Christus Jesus dit wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag God, wat ons almal se geloof sterk maak en ons krag gee, julle help om regtig goed met mekaar oor die weg te kom. Dit is presies wat Christus Jesus wil hê. |