Romans 15:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat ek verlos kan word van die wat nie in Judéa glo nie; en dat my diens wat ek vir Jerusalem het, welgevallig kan word deur die heiliges; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Worstel saam met my op julle knieë voor God dat Hy my sal red uit die hande van die ongelowige Jode in Jerusalem en dat die gelowiges daar positief sal wees oor die kollekte wat ek vir hulle bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judia en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges, |
| Afrikaans 1983 | dat God my veilig mag hou tussen al die ongelowiges in Judea en dat my hulp aan Jerusalem aanvaarbaar mag wees vir die gelowiges daar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat ek gered sal word van die ongelowiges in Judea, en dat my diens aan Jerusalem vir die heiliges daar aanvaarbaar sal wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is mense in die provinsie Judea wat nie in Christus glo nie, en hulle wil slegte dinge doen aan my. Daarom moet julle bid dat God my sal beskerm teen hulle. Julle moet ook bid dat God sal help dat die gelowiges in Judea tevrede sal wees met die werk wat ek daar gaan doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet baie ernstig vir God vra om my te beskerm teen al die ongelowiges daar in Judea. Bid ook dat die Christene in Jerusalem hierdie geldelike bydrae wat ek na hulle toe vat, sal aanvaar. |