Romans 15:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek smeek julle nou, broeders, ter wille van die Here Jesus Christus en om die liefde van die Gees, dat julle saam met my stry in julle gebede tot God vir my;
Afrikaans (NLV) 2011 Broers en susters, in die Naam van ons Here Jesus Christus en omdat die Heilige Gees ons in liefde saambind, smeek ek julle dringend:
Afrikaans 1933/1953 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God,
Afrikaans 1983 Ek versoek julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my deur vir my te bid
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek smeek julle dan dringend, broers, by ons Here Jesus Christus en die liefde van die Gees, om deur julle gebede tot God saam te stry vir my,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, ons behoort almal aan ons Here Jesus Christus, en die Heilige Gees help ons om lief te wees vir mekaar. Daarom vra ek mooi vir julle, julle moet baie ernstig saam met my bid dat God my sal help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe broers en susters, ek wil tog iets belangriks vir julle vra: bid asseblief vir my! Ek vra dit in die Naam van ons Here Jesus Christus. En ek vra dit omdat die Heilige Gees ons almal met liefdesbande aan mekaar vasgebind het.