Romans 15:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek is seker dat, wanneer ek na julle kom, ek sal kom in die volheid van die seën van die evangelie van Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 As ek na julle toe kom — dit weet ek vir seker — sal Christus vir my ’n ryke seën gee om vir julle te bring.
Afrikaans 1933/1953 En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.
Afrikaans 1983 Ek weet dat as ek na julle toe kom, dit met die volle seën van Christus sal wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En ek weet dat wanneer ek na julle kom, dit sal wees met die volle seën van •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet dat ek al die seën van Christus vir julle sal bring wanneer ek na julle toe kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet dat my plan om julle te kom besoek Christus se volle goedkeuring en sy seën wegdra. Daarom wag daar ’n groot fees op ons almal.