Romans 15:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer ek ook al my reis na Spanje onderneem, sal ek na jou toe kom; want ek vertrou om jou op my reis te sien en deur jou op pad daarheen gebring te word, as ek eers ietwat versadig word met jou geselskap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | terwyl ek na Spanje onderweg is. Ek hoop om julle op my deurreis na Spanje te sien. Nadat ek my eers vir ’n tydjie aan die samesyn met julle verlustig het, kan julle my dan verder na Spanje toe stuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers 'n tyd lank van julle geniet het. |
| Afrikaans 1983 | as ek na Spanje toe gaan. Ek hoop om julle dan op my deurreis te sien; trouens, ek sou graag ook eers 'n tydjie by julle wou deurbring en dan met julle hulp verder na Spanje toe reis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wanneer ek na Spanje onderweg is. Want ek hoop om julle op my deurreis te sien, en dan deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers vir 'n tydjie die samesyn met julle geniet het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek wil nou na julle toe kom wanneer ek na die land Spanje gaan. Ja, ek hoop ek sal julle kan besoek wanneer ek na Spanje gaan. Dan wil ek eers 'n tyd lank by julle bly sodat ons by mekaar kan wees. Ek hoop julle sal dan vir my kan help sodat ek verder kan gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan binnekort Spanje toe. Op pad soontoe kom ek dan ’n rukkie by julle oorbly. Daarna kan julle my op die pad na Spanje toe weghelp. |