Romans 15:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar soos geskrywe is: Aan wie van hom nie gespreek is nie, hulle sal sien; en die wat nie gehoor het nie, sal verstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die riglyn van die Skrif gevolg: “Dié vir wie nog nooit van Hom vertel is nie, sal sien; en dié wat nog nooit van Hom gehoor het nie, sal verstaan.”
Afrikaans 1933/1953 maar soos geskrywe is: Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.
Afrikaans 1983 maar soos daar geskrywe staan: “Dié wat nie van Hom vertel is nie, sal sien, en dié wat nie van Hom gehoor het nie, sal verstaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar, soos daar geskryf staan: “Hulle wat nie van Hom vertel is nie, sal sien, en hulle wat nie gehoor het nie, sal verstaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Niemand het vir hulle van Hom vertel nie, maar hulle sal Hom sien, hulle het nie van Hom gehoor nie, maar hulle sal van Hom weet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My leuse word in die volgende Bybelteks saamgevat: “Daardie mense wat nog nie van die Here gehoor het nie - hulle sal Hom sien! Hulle wat nog glad nie van Hom gehoor het nie - hulle sal verstaan waaroor dit alles gaan!”