Romans 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, so het ek daarna gestreef om die evangelie te verkondig, nie waar Christus genoem is nie, sodat ek nie sou bou op 'n ander man se fondament nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was egter vir my ’n saak van eer om die Goeie Nuus net te bring waar Christus se Naam nog nie vermeld is nie — eerder as om voort te bou op die fondament wat iemand anders reeds gelê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar so, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie om nie op die fondament van 'n ander te bou nie |
| Afrikaans 1983 | Ek het my eer daarin gestel om die evangelie te verkondig waar die mense nog nie van Christus gehoor het nie, want ek wil nie op die fondament van iemand anders bou nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het ek my dit ten doel gestel om die evangelie te verkondig, nie waar Christus reeds bekend was en ek dus op iemand anders se fondament sou bou nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil graag die goeie boodskap bring waar mense nog nie van Christus gehoor het nie. Ek wil nie gaan preek waar ander mense klaar gepreek het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir my een doel voor oë gestel: ek moes in plekke gaan preek waar mense nog glad nie van Christus gehoor het nie. Dit is nie my taak om die evangelie te gaan verkondig waar mense al klaar die evangelie bekendgemaak het nie. |