Romans 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat elkeen van ons sy naaste behaag tot sy voordeel tot opbou.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou.
Afrikaans 1933/1953 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.
Afrikaans 1983 elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat elkeen van ons sy medemens behaag met die oog op wat vir hom goed is en hom kan opbou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons moet die dinge doen wat vir ons naaste lekker is, want dan doen ons wat goed is, en so word ons naaste se geloof sterker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons kan nie net daardie dinge doen wat ons gelukkig maak sonder om te vra hoe ander gelowiges daaroor voel nie. Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om te sorg dat ander gelowiges ook gelukkig is. Dit is ons plig om hulle geloof sterk te maak en op te bou.